Bronberg Landgoed

  1. TOURISM & EVENTS
  2. »
  3. ACCOMMODATION
  4. »
  5. Bronberg Landgoed

Welcome to Bronberg Landgoed

Bronberg Landgoed op die hoek van Graham- en Boschkopweg in Pretoria, bied die ideale fasiliteite vir ‘n onvergeetlike bruilof, doeltreffende konferensie en etes uit die boonste rakke. Hulle restaurant vier die eienskappe van tradisionele cuisine wat perfek met plaaslike  wyn gepaard gaan. Eg Suid-Afrikaanse geregte soos skaapkop, Weskus afval, skaapstertjies en vele ander word in ‘n gesellige atmosfeer geniet.  Daarby bied die nuwe Kompanjie koffiewinkel ‘n wye reeks koffies en ‘n delicatessen-styl spyskaart.

Bronberg Landgoed waarborg  ‘n droombruilof met ‘n ruim bruilofsaal wat gemaklik 120 gaste akkommodeer of ‘n kleiner een met plek vir tot 50 gaste. ‘n Kapel met karakter in ‘n kleurvolle tuin dra by tot die betowerende atmosfeer. Die Landgoed behartig ook tuintroues en voorsien graag die tema, kleure, décor en spyskaart, indien verlang, tesame met flinke diens. Vir konferensies, vergaderings en voorleggings is daar ‘n privaat ruimte met professionele diens vir konferensiegangers. Of jy nou ‘n smaaklike ete, ‘n skitter-bruilof of ‘n winsgewende konferensie beplan, Bronberg Landgoed bied die beste van alles in sy elegante Kaaps-Hollandse styl.

Contact Information
Address:
49 Graham Road & Boschkop Road, Zwavelpoort, Pretoria, 0040
Suburbs: Mooikloof
City: Pretoria
Region: Region 6 (East)
Country: South Africa
Phone: 076 4526 182
Website:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Send message to listing owner

Send message to moderator